Die laaste paar dae van my VSA trippie het aangebreek. Ek voel terselfdetyd opgewonde om huis toe te gaan en my vriende en familie te sien, maar ook baie jammer om my nuutgevonde vriende en kollegas agter te laat. Gretchen en Jane, my hosts, het vrindinne geword! Purdue het my tuiste weg van die huis geword, 'n plek waar ek ewe gemaklik sou kon aangaan en werk. Danksy aan al die vriendelikheid, hulpvaardigheid en liefde wat ek hier beleef het.
Woensdag 25 April was D-dag vir my aanbieding. Ek het maar taamlik senuagtig gevoel. Wie het gesĂȘ dat die grootste vrees by mense is "public speaking" ? Gelukkig is dit iets wat ek al baie moes doen en teoordeel aan die foto's en terugvoer van my kollegas, het dit nie te sleg verloop nie.
Die laaste dag by die Vet Med biblioteek het my kollegas my verras met 'n klein afskeid funksie'tjie.
Ek, Gretchen en vriendinne het vir oulaas Vrydag aand die 27ste gaan uiteet. Daarna het die groot inpak begin. Wie sou kon dink dat mens soveel "junk" in so 'n kort tydjie kan opgaar.
Saterdag 28 April breek aan met nat weer. Dit het deur die nag begin reen. Ek moes roer om teen 10 uur te ontruim. Grerchen het my vir oulaas na die lughawe geneem in Indianapolis. Vandaar gevlieg na Atlanta, waar ek by die Suid Afrikaanse kollegas aangesluit het. Vir oulaas drink ek, Debbie en Mimi ietsie op ons 3 maande ervaring voor ons die lang pad na SA aanpak!
Met groot vreugde en 'n traan of wat word ek deur my gesin en 'n langsteel roos ingewag op OR Tambo! Pragtige ruiker verwelkom my ook tuis. Dankie ook aan my man en kinders, familie en vriende vir elke briefie, gebed en aanmoediging, waarsonder ek nie hierdie besondere reis kon aanpak nie. Ek is tuis.