Wednesday, May 30, 2012

Laaste dae

Die laaste paar dae van my VSA trippie het aangebreek. Ek voel terselfdetyd opgewonde om huis toe te gaan en my vriende en familie te sien, maar ook baie jammer om my nuutgevonde vriende en kollegas agter te laat. Gretchen en Jane, my hosts, het vrindinne geword! Purdue het my tuiste weg van die huis geword, 'n plek waar ek ewe gemaklik sou kon aangaan en werk. Danksy aan al die vriendelikheid, hulpvaardigheid en liefde wat ek hier beleef het.

Woensdag 25 April was D-dag vir my aanbieding. Ek het maar taamlik senuagtig gevoel. Wie het gesĂȘ dat die grootste vrees by mense is "public speaking" ?  Gelukkig is dit iets wat ek al baie moes doen en teoordeel aan die foto's en terugvoer van my kollegas, het dit nie te sleg verloop nie.

Die laaste dag by die Vet Med biblioteek het my kollegas my verras met 'n klein afskeid funksie'tjie.

Ek, Gretchen en vriendinne het vir oulaas Vrydag aand die 27ste gaan uiteet. Daarna het die groot inpak begin. Wie sou kon dink dat mens soveel "junk" in so 'n kort tydjie kan opgaar.

Saterdag 28 April breek aan met nat weer. Dit het deur die nag begin reen. Ek moes roer om teen 10 uur te ontruim. Grerchen het my vir oulaas na die lughawe geneem in Indianapolis. Vandaar gevlieg na Atlanta, waar ek by die Suid Afrikaanse kollegas aangesluit het. Vir oulaas drink ek, Debbie en Mimi ietsie op ons 3 maande ervaring voor ons die lang pad na SA aanpak!

Met groot vreugde en 'n traan of wat word ek deur my gesin en 'n langsteel roos ingewag op OR Tambo! Pragtige ruiker verwelkom my ook tuis. Dankie ook aan my man en kinders, familie en vriende vir elke briefie, gebed en aanmoediging, waarsonder ek nie hierdie besondere reis kon aanpak nie. Ek is tuis.

Tuesday, April 24, 2012

Wolf Park


Wolf Park is ontrent 75 akkers groot, sluit Turtle meer in en huisves sowat 14 wolwe in verskillende kampe. Hulle besit ook 2 jakkalse, 2 coyotes en 9 bison.
 

Wolwe in die natuur word sowat  8 jaar oud maar in gevangeniskap tot 12-15jaar.  Een van die wolwe in Wolf Park is 18 jaar.Hulle weeg enige iets tussen 65 – 120 pond. Hulle eet takbokke wat dood gery word op die paaie en geskenk word aan die park, ook ander vleis wat geskenk word deur plaaslike boere. Dan kry hulle ook hondekos en “treats” soos hondebeskuitjies (waarvan hulle baie hou)



Die wolwe in die kamp is gesosialiseer en word nie weer vrygelaat nie. Sosialiseer met mense, maar nie “domesticated”  nie.  Hulle dien as ambassadeurs vir hul wilde broers.  Navorsing en gedragsstudies word gedoen sodat mense wolwe beter  kan verstaan en behandel. Navorsing wat hier gedoen word sluit in howling, reuk gewoontes (rol in stink goed) , parings patrone, agressie, rangorde, en voedings patrone.
Daar is tans ‘n werpsel van  2week oue wolfies. Hulle tyd word op die oomblik verdeel tussenslaap en eet . Besoekers kan hul slegs vir kort tydjies deur die venster betrag. Sodra hul ouer is word hul in kontak gebring met die res van die groep wolwe sodat sosialisering kan plaasvind. 

Monday, April 23, 2012

Battle grounds of Tippecanoe



Die slag van Tippecanoe het op 7 November 1811 plaasgevind. Die Amerikaanse weermag is gelei deur Governor William Henry Harrison, en die Indiaanse vegters se leier was die Shawnee leier Tecumseh. Hy en sy broer Tenskwatawa (alom bekend as "The Prophet") was die leiers van ‘n konfederasie van Amerikaanse Indiane wat uit verskillende stamme bestaan het, en teen die VSA se uitbreiding in Indiaanse gebied gekant was.

Die slagveld is gelee aan die walle van die Tippecanoe en Wabash riviere. Die slag is deur die Amerikaners gewen maar ongeveer 36 man het hul lewens veloor en ongeveer 80 is gewond. Die Indiaanse verliese is onbekend, volgens Wikipedia is ongeveer 62 is dood en 126 gewond.


Op die slagveld is ‘n monument opgerig en grafte van die manskappe getuig van die geskiedkundige verlede. Groot ou bome is al wat oor gebly het, stille getuies van die hartseer gebeure.


Die stilte van die omgewing bring heimwee in die gemoed van menigte besoekers …



Friday, April 20, 2012

Grafte van alle soorte

John Purdue is die "founder" van Purdue Universiteit.  In 1869 het hy $100,000 geskenk vir die begin van 'n "college" en een van sy enigste vereistes was dat sy naam daaraan gekoppel sou word. Hy was 'n lid van die Board of Trustees. Purdue is oorlede in 1876. Sy graf is op die Purdue kampus.


Die graf is voor een van die oudste geboue op die kampus wat tans vir Administrasie gebruik word, net agter hierdie pragtige formele fontein. Die graf hoort daar, as deel van die pragtige kampus se ryk geskiedenis.


Aan die linkerkant van LYNN Hall, by die Dierehospitaal van die Veterinary Faculty het ek hierdie juweel van 'n Memorial tuin ontdek.



Ook deur ons liefde vir ons troeteldier-kinders kan ons geheel mense wees. 



Sunday, April 15, 2012

Muir Woods, San Francisco.


Muir Woods National Monument is ‘n oorblyfsel van die antieke kus “redwood” woude wat dele van California bedek het voor die 1800’s.’n Plaaslike besigheids man, William Kent en sy vrou, Elizabeth, het die vallei gekoop in 1905 om een van deel laaste stukkie redwoods te beskerm. Hulle het dit geskenk aan die federale regering in 1908 toe President Theodore Rooseveld dit geproklameer het as ‘n nasionale monument. Kent het gevra dat dit vernoem word na John Muir, ‘n bekende natuurbewaarder.


Redwood trees (Sequoia sempervirens ) Word sowat 379.1 voet, 22 voet in omtrek en ongeveer 2 000 jaar oud. Die bas is tot 12 duim dik.  Die bome  in die park is nog nooit afgesaag nie.  Die bome is konifere en bladgroen. En dra keels, wat bruin in kleur is.

Ander skadu liewende plante groei mildelik onder die bome. Varings, blom suring en mosse. Chipmunks, en grys eekhorings , uile, vlermuise, wasbeertjies, en takbokkies kom ook voor, veral vroeg oggen en skemer.

Die atmosfeer in die woud is tasbaar, ‘n stilte maak hom tuis in jou gemoed die oomblik wat jy die oer oue amper heiligheid betree. Jy is bewus van jou Skepper, die oneindigheid van die skepping en die nietigheid van die mens. ‘n Plek waar jy weer een tot en met jouself kan wees. ‘n Een keer in ‘n leeftyd moet vir elke person.


Open House dag by Vet Med, Purdue

Saterdag, 14 April was opedag op Purdue Kampus. Dit is ook soos by ons die dag wat voornemende Gr12 en hul ouers (en ander belangstellendes) die Universiteit kom besoek, pamflette versamel en sommer kan sien wat die Universiteit bied. So het elke fakulteit, departement en assosiasie uitstallings. Hier op Purdue word selfs die kinders ge-entertain! Van gesig verf tot inkleur kompetisies. Hier was selfs 'n springkasteel.




Die Veterinary Faculty het  die volgende aangebied: Holly Heaves (heaves in perde is soos asma in mense), Large animal Vet's truck (tools en trok wat vir klinieke gebruik word), Buttercup the Fistulated Cow (Ferriery) (shame, arme Buttercup, die ou Jersey koeitjie staan ewe geduldig en vreet terwyl almal in haar binnegoed rondvoel) Petting Zoo, Molly the painted pony (digestive track, etc)
  


Dan moet ek ook nie vergeet van die Exotic Animal Club se "pocket pets" uitstalling nie, Moet se, 'n menigte van die pets, gaan ek definitief nie in my sak ronddra nie ...


Daar was ook Live Spay Surgery, Wolf ParkTalk, Frisbee Dogs, Rescue dogs, En talle ander uitstallings. Ek het uiteindelik na amper 3 maande 'n kat gekry om te vry ... Hy was 'n pragtige Main Coon Mix, maar ongelukkig het die foto nie uit gekom nie. Wys dus maar die foto van 'n jong bloedhond - in training om 'n rescue dog te word (Ek het haar ook bevry ... )


Ongelukkig het die weer nie saam gespeel nie en die dag het geeindig in reen, wat nodig is. Dis nogal droog vir die tyd van die jaar en die boere waardeer die reen.





Wednesday, April 11, 2012

San Francisco


Ken jy daai liedjie? Die een van "If you're going to San Francisco, be sure to wear some flower in your hair ..". Daar's ook :"I lost my heart in San Francisco ... " Die mense weet waarvan hul praat ...

 

Dis San Francisco, lewendig, vibrant. Mengelmoes van tale en toeriste. Mens voel die hartklop  van die stad. Daar is die Golden Gate Bridge, Die zig-zag road down Lombard street, Alcatraz eiland, Painted Ladies, Pier 39 waar die een shop jou so kan bekoor soos die volgende een. Om nie van 'n oorvloedige keuse van restaurante en eetplekkies te praat nie. Jy kan eet in elke taal! Seekos om van te droom.


Ons was gelukkig genoeg om in die Sheraton Hotel op die Warf te woon. Alles was binne stap afstand. Daar is die tram bus op sy spoor, verskeidenheid van toerbusse, en ferry's. Maar ons het die myl stappie gedoen tot op die bo-punt van Lombert street. 45 grade op ... Ek belowe, as mens bo uit kom, besef jy dat jy in staat is om enige obstruksie in jou lewe te bowe te kom ...  Wat 'n uitsig!



Ons het die Alcatraz  toer gedoen, wat 'n belewenis. Al was dit net om jou vryheid te besef en te waardeer. Die tronk het die beste uitsig op die stad en Golden Gate brug, dit was deel van die straf, so naby en tog so ver. In die aande kon die gevangenis musiek en die mense in die hawe kuierplekke hoor lag ... Tog was daar tralies, sluit hekke, 'n onuitbreekbare tronk en 'n gevaarlike stukkie see met
onderstrominge tussen jou en vryheid.


 



Ons het ook die Muir Woods besoek maar daar oor later, dit verdien 'n posting van sy eie ...