Monday, January 30, 2012

Voorbereidings - 20 dae oor!

Sjoe! Die Amerikaanse Ambassade was nogal 'n ervaring. Mens benodig 'n BA graad om die elektroniese aansoek op hul website te voltooi. Moet sê die uiteidelike besoek was "dienslewering per excellence"! Gelukkig is ek nou die trotse besitter van 'n VSA visa wat geldig is vir die volgende 10 jaar.

Wintersklere in Pretoria is soos die spreekwoordelike naald in 'n hooimied in Desember en Januarie. Meeste winkels het my egter verseker dat hulle die warm goedjies in Februarie gaan uitpak. Danksy sus Melin is ek reeds uitgerus met warm baadjie, boots, handskoene en wolkouse. Dis net die gewone werks kleertjies wat 'n dringende aanvulling benodig. Ons besit mos nie eintlik winter-woolies op die Rant-van-die-Bosveld nie.

Amptelike dokumente - check
Medikasie en voorskrifte - check
Bagasie voorskrifte - check

Was tot al by die tandarts en dokter, wil tog nie in die vreemde vir drie maande sit met allerhande kwale nie! Ek is nou op lysies, want die kop wil my telkens verlaat. Moet nie vergeet van die navorsingsverslag, van my vorige "venture", wat nog moet in voor die 17de Februarie nie. 'n Waagstuk van 6000 woorde.

Ek en kollegas, Susan en Maggie kom komende week bymekaar om ons bekendstelling PowerPoint te maak. Dit sluit alles in van wie jy is, wat jy doen, waar jy werk en alles oor Suid Afrika en Suid Afrikaanse navorsing, en tersiêre onderwys.

Gesels weer na die groot vertrek op die 20ste Feb.

2 comments:

  1. Oe ek beny jou VRIESLIK!!!! Nie net vlug jy uit hierdie warm hel nie, maar jy gaan soveel wonderlike dinge sien. Geniet elke liewe sekonde vriendin....en reis veilig!

    ReplyDelete
  2. Dis amper tyd vir die vlug na Atlanta! Ek wens jou net die beste vir die VSA ervaring, en sien uit na jou Blog-dagboek, Erica

    ReplyDelete