Sunday, February 26, 2012

Twee-dag-reis!

Van O R Tambo na Atlanta, daarna Chicago en uiteindelik Urbana Champaign, deur etlike kontrole doeane punte. Glo my die Amerikaners is deeglik. Jy en jou bagasie is goed betrag en gelukkig het ons almal saam op dieselfde plek uitgekom! Nou weet ek van Jetlag! Danksy Susan en Maggie, my kollegas en mede reisgenote het ek met my rigting befoeterdheid ook veilig aan geland!

Urbana en Champaign is suster stede wat vas aan mekaar ontwikkel het. die een kant van die straat is Urbana en as jy oor die pad loop is jy in Champaign. University of Illinois is in Urbana. Die Mortensen Center is in die Undergrad Library. Die kampus het in die 1860's begin ontwikkel en van die ou geboue is regtig ongelooflik. Die kampus lyk soos die res van die stad met strate tussen die geboue. Dis groot, jy loop jou voete af.

Eekhorinkies, wat onnutsig trippel, en 'n possum, tot almal se verbasing, draf ek om die oulike dierjie af te neem, en hulle beskou dit as "vermin". Sal tog die foto later plaas.

No comments:

Post a Comment