Sunday, March 25, 2012

Purdue University, West Lafayette, Indiana.

Ek is Saterdag die 10de Maart op die lughawe van Indianapolis, ingewag deur my "mentor" Gretchen Stephens. Gretchen het my per kar na die Union Club hotel in West Lafayette geneem, seker gemaak my deure is veilig en alles werk, laat opvars en my vir ete geneem. Toe moes ek al besef het dat Purdue se gawe mense van plan is om my "Purdue Experience" 'n ervaring van 'n leeftyd te maak.
Dag twee was dit weer kollega Jane Yatcilla se beurt om my te onthaal. Sy het my kom haal vir 'n kampus toer, toer van die omgewing, wys waar kan mens wat koop, bus roetes. die student Union, en die einaardige bank geboutjie, met sy mooi groen teeltjies. Natuurlik het sy my ook geneem vir ete.
Die Vet Med library is gelee in Lynn Hall by die Faculty en die  akademiese dierehospitaal. 

My "kantoor" is vir my gereed gemaak, kompleet met my eie waterbottel en whiteboard, African Violet
(dankie Jane) en kameelperd (dankie Gretchen). Sodat ek tuis kan voel en nie te veel verlang na Suid Afrika nie.

Sunday, March 18, 2012

Hoogte punte van die eerste drie weke

Natuurlik is alles nuut en opwindend, maar sekere besoeke of gebeure is net te wonderlik om waar te wees. Wie sou nou kon dink dat ek ooit my voete voor die deure van OCLC kon staanmaak. Dit was 'n loopbaan hoogtepunt.

As mens mooi kyk hang die SA vlag reg bo in die middel, in volgorde van lede wat aangesluit het.


Dublin, Ohio is ook die tuiste van die Ohio State University, waar ons ook 'n baie suksesvolle en leersame besoek afgele het. Oop "stacks" waar die ouer boeke gehou word kan gesien word vir 4 vloere boontoe, glo my 'n nagmerrie vir 'n rak pakker ...



Besoek aan Chicago was natuurlik 'n verdere hoogte punt wat lank nog in die geheue sal bly. Chicago (the windy city, met goeie reg ...) kan gesien, geruik en gevoel word. Daai is 'n "vibe" van Blues en Jazz. Dit was natuurlik 'n verdere bonus dat ons hotel regoor die Trump Towers gelee was.




Hoogte punte in biblioteek besoeke sluit in die wonderlike Mansueto Library, University of Chicago, met sy glas koepel en elektroniese stacks. Ander sluit in die besoek aan Upshots Library,  in Chicago, 'n bemarkings agentskap waar die positiewe energie mens oorrompel!

Sunday, March 11, 2012

Mortenson Center/University of Illinois, Urbana

Orchid Downs, ons blyplek vir die eerste 3 weke

Kan jul glo, die 3 weke van die Mortensen program is agter die rug! 'n Uitstekende program met 'n groot veskeidenheid van biblioteekbesoeke, dienste en praatjies! Praat van baie loop, die kampusse is enorm met die mooiste ou geboue.
Besig met restorasie van die biblioteek gebou

Die Mortenson personeel het ons die "Open Access" groep gedoop. Die benamings en terme verskil maar op die ou end lewer ons tog dieselfde dienste  in Suid Afrika, net met baie minder fondse en middele. Amerika is ook 'n land van keuses. Van die produkte op die rakke van ketting winkels tot by dienste gelewer aan Universiteits personeel, alles gaan oor 'n verskeidenheid van keuses. Niks is standaard nie.

Ons eerste sneeu, was 'n winderige en baie koue oggend, met vele sneeuvlokkies, dit het egter gesmelt nog voor dit grond geraak het. Maar dit was 'n hoogte punt!

Ons het egter een aand laat agtergekom dat dit nou ordentlik val. Almal is uit in hul pajamas. Die sneeu voel knarserig en proe lekker! Dit was egter so koud dat niemand eers probeer het om 'n ys engel te probeer maak nie!