Sunday, March 11, 2012

Mortenson Center/University of Illinois, Urbana

Orchid Downs, ons blyplek vir die eerste 3 weke

Kan jul glo, die 3 weke van die Mortensen program is agter die rug! 'n Uitstekende program met 'n groot veskeidenheid van biblioteekbesoeke, dienste en praatjies! Praat van baie loop, die kampusse is enorm met die mooiste ou geboue.
Besig met restorasie van die biblioteek gebou

Die Mortenson personeel het ons die "Open Access" groep gedoop. Die benamings en terme verskil maar op die ou end lewer ons tog dieselfde dienste  in Suid Afrika, net met baie minder fondse en middele. Amerika is ook 'n land van keuses. Van die produkte op die rakke van ketting winkels tot by dienste gelewer aan Universiteits personeel, alles gaan oor 'n verskeidenheid van keuses. Niks is standaard nie.

Ons eerste sneeu, was 'n winderige en baie koue oggend, met vele sneeuvlokkies, dit het egter gesmelt nog voor dit grond geraak het. Maar dit was 'n hoogte punt!

Ons het egter een aand laat agtergekom dat dit nou ordentlik val. Almal is uit in hul pajamas. Die sneeu voel knarserig en proe lekker! Dit was egter so koud dat niemand eers probeer het om 'n ys engel te probeer maak nie!

No comments:

Post a Comment