Natuurlik is alles nuut en opwindend, maar sekere besoeke of gebeure is net te wonderlik om waar te wees. Wie sou nou kon dink dat ek ooit my voete voor die deure van OCLC kon staanmaak. Dit was 'n loopbaan hoogtepunt.
As mens mooi kyk hang die SA vlag reg bo in die middel, in volgorde van lede wat aangesluit het.
Dublin, Ohio is ook die tuiste van die Ohio State University, waar ons ook 'n baie suksesvolle en leersame besoek afgele het. Oop "stacks" waar die ouer boeke gehou word kan gesien word vir 4 vloere boontoe, glo my 'n nagmerrie vir 'n rak pakker ...
Besoek aan Chicago was natuurlik 'n verdere hoogte punt wat lank nog in die geheue sal bly. Chicago (the windy city, met goeie reg ...) kan gesien, geruik en gevoel word. Daai is 'n "vibe" van Blues en Jazz. Dit was natuurlik 'n verdere bonus dat ons hotel regoor die Trump Towers gelee was.
Hoogte punte in biblioteek besoeke sluit in die wonderlike Mansueto Library, University of Chicago, met sy glas koepel en elektroniese stacks.
Ander sluit in die besoek aan Upshots Library, in Chicago, 'n bemarkings agentskap waar die positiewe energie mens oorrompel!
No comments:
Post a Comment