Wolf Park is ontrent 75 akkers groot, sluit Turtle meer in en huisves sowat 14 wolwe in verskillende kampe. Hulle besit ook 2 jakkalse, 2 coyotes en 9 bison.
Wolwe in die natuur word sowat 8 jaar oud maar in gevangeniskap tot 12-15jaar. Een van die wolwe in Wolf Park is 18 jaar.Hulle weeg enige iets tussen 65 – 120 pond. Hulle eet takbokke wat dood gery word op die paaie en geskenk word aan die park, ook ander vleis wat geskenk word deur plaaslike boere. Dan kry hulle ook hondekos en “treats” soos hondebeskuitjies (waarvan hulle baie hou)
Die wolwe in die kamp is gesosialiseer en word nie weer vrygelaat nie. Sosialiseer met mense, maar nie “domesticated” nie. Hulle dien as ambassadeurs vir hul wilde broers. Navorsing en gedragsstudies word gedoen sodat mense wolwe beter kan verstaan en behandel. Navorsing wat hier gedoen word sluit in howling, reuk gewoontes (rol in stink goed) , parings patrone, agressie, rangorde, en voedings patrone.
Daar is tans ‘n werpsel van 2week oue wolfies. Hulle tyd word op die oomblik verdeel tussenslaap en eet . Besoekers kan hul slegs vir kort tydjies deur die venster betrag. Sodra hul ouer is word hul in kontak gebring met die res van die groep wolwe sodat sosialisering kan plaasvind.