Sunday, April 8, 2012

Kuns by Purdue Universiteit

Die Continuum Statue is 'n 45-voet-lange brons beeld, wat die geskiedenis van die human-animal bond uitbeeld, dit is onthul op die "Homecoming Weekend", Saterdag, Sept. 23, 2000.  Die beeldhouer is Larry Anderson. Die beeld staan voor die LYNN Hall van die Veterinary Faculty. Die beeld is nie net baie mooi nie maar ook opvoedkundig, op die kant van sekere van die diere word die boedsomloop stelsel, senuwee stelsel en been stelsel in relief uitgebeeld.
 

In die Vet Med Biblioteek is ook 'n beeld van 'n hond wat ook eenkant normaal is en die anderkant die verskillende stelsels vertoon. Die beeld was deel van 'n kompetisie waar afgietsels van honde gemaak is, en die studente kon dit dan verf. Die beeld in die biblioteek het 'n prys gewen.

Ek het ook ander voorbeelde in die Openbare Biblioteek in West Lafayette opgespoor:
 
Hierdie 2 beeld die Sorority of Fraternity se embleme uit ...

In hierdie biblioteek se kinderafdeling is die nimlike beeldjie van "Wind in the Willows" ook te siene:
Voor die Engineering Halls is 'n pragtige beeld van Neil Armstrong, in die sement rondom die beeld, sy woorde van die "giant leap for mankind..." verewig.

By die Modern Arts Building is die volgende brons beeld van 'n perd te siene, dit lyk soos takke van 'n boom.

Laastens, maar beslis nie die minste nie, is hierdie pragtige loodglas venter in die Purdue Memorial Union. Dit is die "studente sentrum". Dit is 'n baie ou gebou waarvan die kelder gedeelte uit veskeie eetplekke, winkeltjies en groot sitlokale vir die studente beslaan. Tafeltjies en stoele, tv's, ens is beskikbaar. Die studente hang hier rond in groot getalle. Hier word ook verskeie funksies vir studente gehou.

Die boonste vlak van die gebou huisves o.a studente kantore , 2 groot lounges waar kaggelvure brand, 'n inligting sentrum verskeie bank outomate ens. Die Union Club Hotel (waar ek tuisgaan) is verbind met 'n gang wat lei tot die hotel lobby, vanuit hierdie vlak.



1 comment:

  1. Pragtige foto's - baie dankie. Wens ek was daar!
    Se groete vir Gretchen, Erica

    ReplyDelete