Ken jy daai liedjie? Die een van "If you're going to San Francisco, be sure to wear some flower in your hair ..". Daar's ook :"I lost my heart in San Francisco ... " Die mense weet waarvan hul praat ...
Ons was gelukkig genoeg om in die Sheraton Hotel op die Warf te woon. Alles was binne stap afstand. Daar is die tram bus op sy spoor, verskeidenheid van toerbusse, en ferry's. Maar ons het die myl stappie gedoen tot op die bo-punt van Lombert street. 45 grade op ... Ek belowe, as mens bo uit kom, besef jy dat jy in staat is om enige obstruksie in jou lewe te bowe te kom ... Wat 'n uitsig!Ons het die Alcatraz toer gedoen, wat 'n belewenis. Al was dit net om jou vryheid te besef en te waardeer. Die tronk het die beste uitsig op die stad en Golden Gate brug, dit was deel van die straf, so naby en tog so ver. In die aande kon die gevangenis musiek en die mense in die hawe kuierplekke hoor lag ... Tog was daar tralies, sluit hekke, 'n onuitbreekbare tronk en 'n gevaarlike stukkie see met
onderstrominge tussen jou en vryheid.
Ons het ook die Muir Woods besoek maar daar oor later, dit verdien 'n posting van sy eie ...
No comments:
Post a Comment