Logbook of my experiences during my 3 month trail through America, for myself, family and friends.
Monday, April 23, 2012
Battle grounds of Tippecanoe
Die slag van Tippecanoe het op 7 November 1811 plaasgevind. Die Amerikaanse weermag is gelei deur Governor William Henry Harrison, en die Indiaanse vegters se leier was die Shawnee leier Tecumseh. Hy en sy broer Tenskwatawa (alom bekend as "The Prophet") was die leiers van ‘n konfederasie van Amerikaanse Indiane wat uit verskillende stamme bestaan het, en teen die VSA se uitbreiding in Indiaanse gebied gekant was.
Die slagveld is gelee aan die walle van die Tippecanoe en Wabash riviere. Die slag is deur die Amerikaners gewen maar ongeveer 36 man het hul lewens veloor en ongeveer 80 is gewond. Die Indiaanse verliese is onbekend, volgens Wikipedia is ongeveer 62 is dood en 126 gewond.
Op die slagveld is ‘n monument opgerig en grafte van die manskappe getuig van die geskiedkundige verlede. Groot ou bome is al wat oor gebly het, stille getuies van die hartseer gebeure.
Die stilte van die omgewing bring heimwee in die gemoed van menigte besoekers …
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment