Muir Woods National Monument is ‘n oorblyfsel van die antieke kus “redwood” woude wat dele van California bedek het voor die 1800’s.’n Plaaslike besigheids man, William Kent en sy vrou, Elizabeth, het die vallei gekoop in 1905 om een van deel laaste stukkie redwoods te beskerm. Hulle het dit geskenk aan die federale regering in 1908 toe President Theodore Rooseveld dit geproklameer het as ‘n nasionale monument. Kent het gevra dat dit vernoem word na John Muir, ‘n bekende natuurbewaarder.
Redwood trees (Sequoia sempervirens ) Word sowat 379.1 voet, 22 voet in omtrek en ongeveer 2 000 jaar oud. Die bas is tot 12 duim dik. Die bome in die park is nog nooit afgesaag nie. Die bome is konifere en bladgroen. En dra keels, wat bruin in kleur is.
Ander skadu liewende plante groei mildelik onder die bome. Varings, blom suring en mosse. Chipmunks, en grys eekhorings , uile, vlermuise, wasbeertjies, en takbokkies kom ook voor, veral vroeg oggen en skemer.
Die atmosfeer in die woud is tasbaar, ‘n stilte maak hom tuis in jou gemoed die oomblik wat jy die oer oue amper heiligheid betree. Jy is bewus van jou Skepper, die oneindigheid van die skepping en die nietigheid van die mens. ‘n Plek waar jy weer een tot en met jouself kan wees. ‘n Een keer in ‘n leeftyd moet vir elke person.
No comments:
Post a Comment